Beyoncé, baba verlaat hospitaal
2012-01-11 11:05
Los Angeles – Die popsensasie Beyoncé Knowles en haar man, die kletsrymer Jay-Z, het die hospitaal met hul babadogtertjie, Blue Ivy, verlaat.
Die paartjie, wat hul dogtertjie Saterdag in die wêreld verwelkom het, het die Lenox Hill hospitaal in New York Woensdagoggend in die vroeë oggendure verlaat nadat hulle glo $1,3 miljoen (sowat R10 miljoen) betaal het om 'n gedeelte van die die mediese fasiliteit af te sper.
Beyoncé sou aanvanklik deur middel van 'n keisersnee geboorte geskenk, maar die paartjie het Maandag bevestig dat die geboorte natuurlik plaasgevind het en dat hulle sedert die koms van baba Blue "in die hemel is".
"Hallo, hallo, Baby Blue! Ons is gelukkig om die koms van ons pragtige dogter, Blue Ivy Carter, aan te kondig wat Saterdag op 7 Januarie 2012 gebore is," het hulle in 'n verklaring gesê.
"Haar geboorte was emosioneel en baie rustig. Sy is natuurlik gebore en dit was die beste ervaring van ons lewens.
"Ons is dankbaar aan almal vir al die gebede, seënwense, liefde en ondersteuning."
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.