Beyoncé, Jay-Z gee babageskenke aan liefdadigheid
2012-01-12 12:45
Los Angeles – Die popsensasie Beyoncé en haar man, die kletsrymer Jay-Z, gaan van die babageskenke wat hulle ontvang het aan liefdadigheid skenk.
Die superster-paartjie is oorval met geskenke sedert hul dogtert Blue Ivy Saterdag op 7 Januarie haar opwagting gemaak het.
Volgens 'n bron is die trotse nuwe ouers dankbaar vir al die geskenke maar hulle wil 'n groot gedeelte daarvan aan minderbevoorregtes skenk.
"Hulle het letterlik die afgelope paar dae honderde geskenke ontvang met Oprah Winfrey wat klomp kinderboeke gegee het. Ander bekendes soos P Diddy, Kanye West, Rihanna en Mariah Carey het ook luukse babageskenke gestuur.
"Jay-Z en Beyoncé het besluit om van die geskenke aan jong moeders by plaaslike liefdadigheidsorganisasies te skenk. Hulle het reeds hul kosbare geskenk, hul nuwe babadogter, so hulle wil ouers uithelp wat nie so bevoorreg is nie. "
Maar een geskenk wat na verwagting by Blue sal bly is 'n fopspeen wat diamante bevat.
Volgens die bron het 'n goeie vriend van die paartjie, wat ook in die musiekbedryf is, dié fopspeen wat ongeveer VSA $20 000 (sowat R161 000) gekos het, aan Blue gegee.
– iafrica.
– Volg Nuus24 op Twitter.