Betogers kan Bok-stut se troue ontwrig

2012-02-04 10:20
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die troudag van die Springbokstut Jannie du Plessis kan ontsier word deur ’n massabetoging op die skilderagtige dorpie Clarens.

Du Plessis, ’n dokter, trou vandag met dr. Ronél Malherbe van Krugersdorp. Die twee het mekaar ontmoet toe hulle medies aan die Universiteit van die Vrystaat studeer het.

Sowat 600 gaste, onder meer byna die hele Springbokspan en die nuwe Bok-afrigter, Heyneke Meyer, woon die troue by.

Spelers soos Victor Matfield, Juan Smith, Pierre Spies, Heinrich Brüssow, die hele Haaie-span en hul afrigter, John Plumtree, sal ook daar wees.

Lede van die Concerned Citizens het vandag ’n vergadering, waarna hulle die dorp op horings wil neem.

Die ontevrede inwoners wil al die belangstelling vir die troue inspan om hul griewe aan die groot klok te hang.

Inwoners het kort ná Nuwejaar onrus, brandstigting en verwoesting gesaai

Hulle is ontevrede met hul ANC-raadslid, David Lengoabala. Hy is na bewering betrokke by tenderkonkelary, is agterstallig met betalings van munisipale heffings op sy huise en word beskuldig van baantjies vir ANC-boeties.

Die openbare beskermer, adv. Tuli Madonsela, het intussen begin met ’n ondersoek na Lengoabala en tender-ongerymdhede in die Dilhabeng-munisipaliteit.

Lebohang Mokoena van die Concerned Citizens het gesê hulle is moeg vir Lengoabala “wat maak asof Clarens aan hom behoort”.

Lengoabala het op sy beurt gesê bewerings teen hom is kwaadwillige politiekery.

Du Plessis kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: jannie du plessis  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.