Bekendes steun Haïti-slagoffers
2010-01-14 13:24
Los Angeles – Oprah Winfrey, Paris Hilton, Ben Stiller, Brad Pitt en Angelina Jolie is onder die bekendes en kunstenaars wat hul steun aan oorlewendes van die aardbewing in Haïti gegee het.
Die Franse hulpgroep Doctors Without Borders het Woensdag aangekondig dat Pitt en Jolie altesaam $1 miljoen (sowat R7,4 miljoen) aan die organisasie se noodeenheid gaan skenk, om sodoende slagoffers by te staan.
Dié organisasie gaan ook addisionele noodpersoneel, insluitend ‘n chirurgiese span met nog toerusting na Haïti stuur, om ‘n tenthospitaal met 100 beddens op te rig en twee operasie kamers.
Winfrey het tydens haar televisieprogram aan kykers gevra om donasies aan die Rooikruis te maak.
Die Coldplay sanger, Chris Martin, het ook mense aangemoedig om donasies te maak.
- AP