Bekendes ondersteun McCann-gesin
2010-01-27 10:05
Londen - Die Britse sakeman, Richard Branson en die skrywer JK Rowling is van die genooide gaste wat die duisendste dag van Madeleine McCann se verdwyning in Portugal, met 'n fondsinsamelingsdinee gaan herdenk.
Ongeveer 180 mense is deur Madeleine se ouers Kate en Gerry McCann genooi om dié fondsinsamelingsgeleentheid by Branson se huis in Kensington, 'n spogbuurt in Londen, by te woon.
Die helfte van die geld wat tydens dié dinee ingesamel word sal na die McCann-gesin se fonds vir hul vermiste dogter gaan terwyl die res verdeel sal word tussen twee organisasies, wat hulle vir die opsporing van vermiste kinders beywer.
Lees die volledige artikel hier.