Bekendes ambassadeurs vir Audi A1
2011-01-20 10:56
Kaapstad – Wat het Anele Mdoda, Cameron van der Burgh, Jeannie D, Roxy Louw, Siyabonga Ngwekazi en Shashi Naidoo almal in gemeen?
Wel, behalwe dat hulle almal über-sexy bekendes is, sal hulle die eerste Suid-Afrikaners wees om die nuwe spoggerige sjiek Audi A1 te bestuur.
Om die bekendstelling van Audi se nuwe kompak luikrug-model in Suid-Afrika te vier, het die motorvervaardiger dié ses bekendes gekies om ambassadeurs vir die Audi A1-handelsnaam te wees.
Anele Mdoda het naamgemaak as die 5fm-platejoggie en SA’s got Talent-aanbieder. Sy is deesdae selfs op Top Billing ook te sien.
Die platejoggie Jeannie D, is ook ‘n bekende gesig op Top Billing.
Siya Ngwekazi, ‘n televisiepersoonlikheid en styl-ikoon is die aanbieder van V Entertainment op Vuzu TV en is onlangs as GQ se beste geklede man vir 2010 aangewys terwyl Shashi Naidoo ‘n model en aktrise is.
Op die sportgebied is die swemsensasie Cameron van der Burgh ‘n wêreldkampioen en dit op 21-jarige ouderdom.
Die model en branderplankryer Roxy Louw, is as FHM se sexyste vrou in die wêreld aangewys is.
In vergelyking met al dié bekendes, is die nuwe Audi A1 ook bestem om opspraak in die motorbedryf te maak.
Kliek hier meer inligting oor die nuwe Audi A1.
- Volg Nuus24 op Twitter.