Bekende siener weer in SA
2010-08-04 09:45
Beeld
Nadat die bekende TV-siener John Edward verlede jaar vir vol sale in Gold Reef City se Lyric-teater gesorg het, is hy vanjaar terug om weer die geheime van ’n ander wêreld met sy gehoor te deel.
Edward se TV-produksie John Edward Cross Country is tans Saterdae om 23:00 te sien op DStv se Zone Reality-kanaal.
Die eenmalige vertoning in The Lyric sal op 12 November om 20:30 te sien wees en die kaartjies, wat vir seker gou skaars sal wees, is reeds beskikbaar.
Edward sal persoonlike lesings gee vir sekere lede van die gehoor.
Hy sal tydens ’n vraag-en-antwoordsessie ook aan nuuskierige lede van die gehoor meer vertel van hoe hy werk.
Edward is wêreldwyd ’n bekende medium en sy boeke boer op die topverkoperlyste. Kaartjies kos van R485 tot R906 en is beskikbaar by Computicket of The Lyric se loket by 011 248 5000.
Gesels hier saam oor John Edwards se vertonings.
- Beeld