Jeremy Mansfield groet
2010-07-12 13:00
Kaapstad - Die bekende radio-omroeper Jeremy Mansfield het Maandag die laaste program van Rude Awakening op 94.7 Highveld Stereo aangebied.
Volgens Mansfield, wat dertien jaar lank deel van dié gewilde oggendprogram was, het hy sy tyd by dié program geniet.
Volgens 'n persverklaring gaan Mansfield, wat verlede jaar met kanker gediagnoseer is, steeds aktief in ander areas van die radiobedryf bly.
Hy het aan TheMediaOnline vertel dat hy Dinsdag by die Nelson Mandela-stigting se fietsresies betrokke sal wees om meer mense bewus te maak van Mandela-dag.
Die sosiale netwerk Twitter het Maandag gegons van aanhangers wat boodskappe aan Mansfield stuur.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter.