Bekende SA TV-vrou wen gróót oorsee
2010-09-22 02:01
Kaapstad - Gesoute TV-joernalis van 3rd Degree (op e.tv), Debora Patta, het die Italian Women in the World-prys in Bologna, Italië gewen.
Die toekenning gaan jaarliks aan mense van Italiaanse afkoms wat hul uitstaande loopbane binne kreatiewe en innoverende bedrywe bou, berig The Citizen.
Debora Patta is bekroon vir haar suksesvolle loopbaan as joernalis en haar bydrae tot die kommunikasiebedryf in Suid-Afrika.
- Vir die volledige storie besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.