Beckhams wil huis in Frankryk koop
2011-10-14 14:11
Los Angeles – David en Victoria Beckham het glo ‘n Amerikaanse eiendomsagent genader om ‘n huis in Parys, Frankryk te koop, berig Contact Music.
Die 36-jarige sokkerster, wat glo sy loopbaan by Paris St. Germain wil beeïndig, soek ‘n drieverdiepinghuis wat hy, sy vrou en hul vier kinders kan gebruik as hul basis in die stad.
Volgens gerugte in Frankryk is Victoria meer geïnteresseerd in die klerewinkels in die omgewing.
Die paartjie het drie seuns, Brooklyn (12), Romeo (9), Cruz (6) en ‘n dogtertjie, Harper, wat drie maande oud is.
Die Beckhams besit reeds ‘n vakansiehuis in die suide van Frankryk, en het ook wonings in Engeland en Amerika.
– Volg Nuus24 op Twitter.