Beckhams opgewonde oor hul nuwe baba
2011-01-12 14:45
Los Angeles – David en Victoria Beckham is baie opgewonde oor hul vierde kind saam.
Die sokkerster en modeontwerper, wat reeds drie seuns, Brooklyn (11), Romeo (8) en Cruz (5) saam het, het Maandag bekendgemaak dat hul bondeltjie vreugde in die somer gebore gaan word.
Die 36-jarige Victoria het reeds op die sosiale netwerk Twitter haar blydskap oor haar swangerskap gedeel. Sy het ook geen geheim daarvan gemaak dat sy baie graag ‘n dogtertjie wil hê nie.
- Vir die volledige storie besoek Channel24.
- Volg Nuus24 op Twitter.