Beckham dagvaar tydskrif
2010-09-24 05:45
Los Angeles - 'n Woordvoerder sê David Beckham gaan 'n dagvaarding teen die Amerikaanse tydskrif wat bewerings oor sy privaatlewe publiseer het, in Duitsland indien.
Jeff Raymond het gesê die middelveldspeler gaan die tydskrif In Touch dagvaar, maar wou nie verdere besonderhede bekendmaak nie.
Die tydskrif het vandeesweek berig dat Beckham in Augustus 2008 seks gehad het met 'n prostituut.
Beckham en die voormalige Spice Girl-sangeres, Victoria Beckham, is al 11 jaar getroud en het drie seuns.
Die tydskrif se hoofkantoor is in Duitsland.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP