Batman se huiskneg oorlede
2011-03-18 14:25
Los Angeles – Michael Gough, die Britse akteur wat die rol van Bruce Wayne se huiskneg in die film Batman vertolk het, is in die ouderdom van 94 oorlede, het sy eksvrou gesê.
Gough het reeds in meer as 150 films en televisieprogramme gespeel.
Maar hy sal die meeste vir sy rol as Alfred Pennyworth in Batman onthou word saam met die drie verskillende Batmans, Michael Keaton, Val Kilmer en George Clooney.
Die veteraan-akteur het Donderdag by sy huis in Engeland gesterf.
Sy familie was tot op die laaste langs sy bed gewees, het Wills by monde van haar agent gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP