Barmhartige Beckham help motor stoot
2011-02-10 10:12
Ware, Engeland – 'n Verbaasde gesin wie se motor gaan staan het kon hulle oë nie glo toe die sokkerheld David Beckham stilhou om hulle te help om hulle motor uit die pad te stoot nie.
Die wêreldberoemde sokkerster het in die middel van die oggendspitsverkeer stilgehou in die dorp Ware in die suidooste van Engeland om Paul Long, ’n fotograaf, en sy twee kinders te help.
Ander motoriste het Long bloot geïgnoreer voor die sokkerster tot sy redding gekom het.
Hy het gevra of alles reg is. “Toe vra ek hom om te help om die motor uit die pad te stoot. En hy het gehelp.”
Long het aan BBC Radio gesê toe Beckham na sy eie motor terugstap, het hy vir hom gesê: “Dankie, David, ek is mal oor jou”.
Die voormalige Engelse kaptein oefen tans saam met die Premierliga-span Tottenham Hotspur.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP