Backstreet Boy se sussie sterf
2012-02-01 20:56
Los Angeles – Die sanger Nick Carter, wat in die popgroep Backstreet Boys was, se suster Leslie het op die ouderdom van 25 gesterf.
E! News het bevestig dat Leslie Dinsdag in New York gesterf het. Die oorsaak van haar dood is nie bekend gemaak nie.
“Ons familie treur nou en dit is ‘n private aangeleentheid. Ons is baie hartseer oor die verlies van ons geliefde suster, dogter en kleinkind, Leslie Carter,” het die Carter-familie in ‘n verklaring gesê.
Leslie, ‘n aspirant-sangeres, se liedjie “Like Wow!” was in 2001 op die klankbaan van Shrek.
Sy het later saam met haar broers en susters op die realiteitsreeks House of Carters verskyn.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter