Baba op pad vir Arno Carstens
2011-11-15 10:30
Kaapstad – Arno Carstens, die gewilde rocker en Springbok Nude Girls-sanger, en sy vrou, Melanie, verwag hul eersteling, het Sarie.com berig.
Arno het Maandag op sy Twitterblad geskryf: "Dis ’n seun," en só hul stilswye van die afgelope maande verbreek.
Hy het ook 'n sonar-foto op Twitter en Facebook met sy aanhangers gedeel.

Melanie het op haar beurt almal op haar Twitterblad bedank vir hul mooi wense en gesê sy kon nie wag om die nuus met almal te deel nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.