Baartman voor stok, maar hy is houtgerus

2011-03-25 08:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Hewige stryd woed nou tussen die uitvoerende hoof van Radio Houtstok, Louis Baartman, en Wimpie van der Sandt, die voormalige stasiebestuurder.

Daar is ook ’n groot moontlikheid dat Baartman dalk sy tasse moet pak en afskeid van die stasie moet neem. Hy het vir ’n tweede keer nie by ’n vergadering van die uitvoerende bestuur van Radio Houtstok opgedaag nie.

Donderdag het dié bestuur ’n vergadering gehou waarop hulle sou besluit oor die toekoms van Baartman en die radiostasie.

Baartman het egter ’n SMS gestuur om te sê hy kan nie die vergadering bywoon nie. Volgens die SMS soek hy nog dokumente.

Henk van Aswegen, uitvoerende hoof van Radio Houtstok (’n artikel 21-maatskappy), het gesê dis die tweede keer dat Baartman nie by ’n bestuursvergadering opdaag nie.

“Ons het die vergaderings belê om te besluit wat met die radiostasie vorentoe gaan gebeur. Louis moes ook tydens dié vergaderings sy kant van die saak stel.

“Die bestuur gaan môre (vandag) weer vergader. As hy dan nie opdaag nie, sal ons sonder hom besluite moet neem,” het hy gesê.

Van Aswegen het gesê die bestuur moet ’n besluit neem vir die gemeenskap en die mense wat Radio Houtstok ondersteun.

Intussen gaan die geveg tussen Baartman en Van der Sandt voort.

Laasgenoemde en die ander omroepers het Maandag die stasie verlaat nadat net twee van hulle deur Baartman betaal is. Die ander is deels betaal.

Baartman het Donderdag gesê hy gaan ’n klag van diefstal indien omdat Van der Sandt CD’s en ’n databasis van hom het.

Van der Sandt het gesê Baartman kan sy goed “met liefde terugkry”, mits hy sy salaris betaal.

“Buitendien, die databasis is my intellektuele eiendom,” het Van der Sandt gesê.

- Die Burger

Lees meer oor: skandale  |  radio  |  kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.