BBC Entertainment werf Tammy-Anne
2010-03-18 05:07
Kaapstad - BBC Entertainment het aangekondig dat Tammy-Anne Fortuin by die span van die liefdadigheidsorganisasie Sports Relief aangesluit het om die Suid-Afrikaanse been van dié geleentheid aan te bied.
Dit sal op 21 Maart vanjaar plaasvind en sal dieselfde dag om 19:30 op die DSTV-kanaal nommer 120 uitgesaai word. Die Sport Relief-mylwedlope wat op dieselfde dag in Kaapstad plaasvind, sal deel uitmaak daarvan.
Fortuin sluit aan by ander Britse bekendes wat deel sal wees van dié geleentheid. Sy sal die Sport Relief-mylwedlope regstreeks van Kaapstad aanbied. Dit sal geld insamel vir die beskerming van kinders in Suid-Afrika.
Die Sport Relief-mylwedlope skop om 09:00 af en deelnemers kan een myl (1.6km), 3 myl (4.8km) of 5 myl (8km) hardloop of stap.
Fortuin is sedert 2004 die aanbieder van die kykNET program, Roer!, en was ook die mede-aanbieder van Supersport se Luv Sport. Sy het onlangs ook by M-Net se All Access aangesluit.
Besoek www.sportrelief.co.za vir meer inligting.
- Nuus24