Avatar se Pandora gevind
2010-01-27 20:53
Hunan – Dit lyk presies soos iets uit James Cameron se 3D-film, Avatar, en bestaan werklik in die berge van China.
Hierdie is geen visuele foefie nie. Die drywende bergreeks wat in Avatar gesien kan word is in werklikheid geïnspireer deur ‘n soortgelyke steenformasie wat in die Zhangjiajie Nasionale Park in die suide van Hunan, China besigtig kan word.
Na bewering het Cameron die bergpieke raakgesien toe ‘n fotograaf uit Hollywood foto’s daarvan geneem het. Dít het hom glo die inspirasie gegee om Pandora te skep.
Kyk self na die foto’s hier.