Avatar klop dalk selfs Titanic
2010-01-15 11:12
Los Angeles – Avatar staan steeds sterk onder fliekgangers in die VSA.
Met twee nuwe flieks wat die naweek begin draai, is die vraag egter of James Cameron se monster-treffer sy plek bo aan die ranglys kan behou.
Indien Avatar vir 'n vyfde week nommer een is, sal dit die eerste keer sedert 1999 se The Sixth Sense wees dat 'n fliek dit regkry.
Sommige industriekenners sê egter dis nie onmoontlik dat Avatar die $1.84 miljard (amper R13,7 miljard) wat Titanic wêreldwyd ingebring het, kan verbeter nie.
Lees meer in Hollywood Reporter.