Atletiekpaartjie haak in Bfn af

2011-12-19 10:01
Tweets Share Share line Print

George. – LJ van Zyl (26), Suid-Afrika se hekkiesblits, en sy verloofde, Irvette van Blerk (24), gaan in September aanstaande jaar in Bloemfontein trou, kort ná die Olimpiese Spele in Londen.

Van Blerk, ook ’n bekende atleet, het Sondagmiddag in die Suid-Kaap aangekom waar Van Zyl aan ’n oefenkamp deelneem. Hulle het verlede week in Pretoria verloof geraak.

Van Zyl het aan Volksblad gesê hulle gaan in Bloemfontein trou. Dit is daar waar hulle mekaar die eerste keer in 2004 raakgesien het op die SA junior atletiekbyeenkoms. Hy het Van Blerk Sondagmiddag op die George-lughawe met ’n bos rose en ’n speelgoed-cheetah ingewag.

Hulle het net oë vir mekaar gehad, nadat hulle die eerste week van hul verlowing nie bymekaar kon wees nie.

Van Blerk het vertel hoe hulle ontmoet het. Sy het in 2008 op die junior byeenkoms opgewarm vir ’n nommer. Van Zyl het verbygestap. “Ek het gedink hy is nogal oulik.”

In een stadium het sy gesien dat Van Zyl omkyk en haar dophou. Die aand het hulle ’n kuierplek besoek. Sy was eintlik nog te jonk om toegelaat te word en sy het haar ma se hoëhakskoene geleen om ouer te lyk.

Albei sal waarskynlik aanstaande jaar aan die Olimpiese Spele deelneem: Van Zyl aan die 400m-hekkies en Van Blerk aan die marathon. Sy het nog tot April tyd om te kwalifiseer.

Van Blerk het gesê die troureëlings gaan vinnig afgehandel word sodat dit nie inmeng met hul oefenprogramme nie. Oor die verlowing het sy gesê dit was ’n verrassing. “Ek was half vies die Saterdag, want ek wou gaan vir middagete. Hy was ontwykend.” Sy het toe maar 8km gaan draf. Terug by Van Zyl se huis het die verrassing gewag. “Ek was nie seker of hy ’n grap maak nie. Die eerste ding waaraan ek gedink het, was dat ek my identiteitsboekie en bankkaarte sal moet verander.”

Van Zyl het gesê sy voorkeure sal nie verander nie. Vir die volgende vyf jaar bly dit atletiek. Die verlowing gaan hom help en hy sal meer gefokus kan wees. “Ek hou duime vas dat Irvette kwalifiseer. Dit sal die Olimpiese Spele meer spesiaal maak.”

Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.