Ashton Kutcher vier Kersfees saam met ander vrou
2011-12-29 14:50
Los Angeles – Ashton Kutcher is saam met ‘n nuwe vrou gesien.
Die 33-jarige akteur – wat vroeër die jaar van Demi Moore geskei het – het Kersfees saam met die draaiboekskrywer Lorene Scafaria in Italië deurgebring.
Die twee het glo verskeie plekke oor die feestydperk besoek, insluitende die Toring van Pisa.
Die ooggetuie Alex Thorpe het aan Us Weekly gesê die paartjie het “hande vasgehou” tydens ‘n romantiese middagete by Pizzeria Trattoria Toscana in Pisa op Oukersaand. Hulle het glo “spaghetti gedeel en hy het betaal”.
Kutcher en Scafaria het glo deur die land gery met ‘n Porsche Carrera Sport 2011 en het in ‘n privaat woning gebly.
Die ster van Two and a Half Men het ook ‘n foto van hulle twee saam met sy sakevennoot Matt Mazzant op Twitter gelaai en geskryf: “Roomse vakansie saam met ‘homies’... hê ‘n wonderlike nuwe jaar!”
Kutcher het onlangs bekendgemaak dat hy Oujaarsaand in Australië gaan deurbring, aangesien hy eerste wil wees om die nuwe jaar in te gaan.
“Die beste plek om te gaan is New York. Die stad is altyd aan die gang en hulle doen alles groter en beter as enige ander plek. Maar ek wil volgende jaar Sydney toe gaan, want hulle sien die nuwe jaar eerste.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- BangShowBiz