Ashley Judd vertel van haar ongelukkige kinderjare
2011-04-05 20:00
Los Angeles – Ashley Judd deel haar bekende familie se
donker verlede in haar memoir, “All That Is Bitter & Sweet”.
In dié boek ontken sy dat die Judd-familie se lewe so rooskleurig was soos wat haar ma dit wil laat blyk.
Nadat haar pa hulle familie gelos het, het haar
ma, Naomi, met ‘n man begin uitgaan wat heroïne gebruik het.
Ashley onthou hoe haar ma en dié kêrel haar as
kind tot dae lank alleen gelos het.
Haar ma en suster, Wynona, was ook druk besig
om ‘n sangloopbaan aan die gang te kry en sy wat Ashley was is uit die prentjie gelos.
Verder vertel Ashley ook hoe ‘n man, wat almal
geken het, haar seksueel gemolesteer het.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter