Arno Carstens se dronk-saak nié geskrap
2012-01-28 11:35
Kaapstad – Die dronkbestuursaak teen die bekende sanger Arno Carstens sal verhoor word.
Die voorsanger van die Springbok Nude Girls het Vrydag in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Hy is in Desember 2010 in hegtenis geneem en is uit op borgtog van R500.
'n Kalm en netjies geklede Carstens het in die beskuldigdebank gestaan terwyl Milton de la Harpe, sy regsverteenwoordiger, versoek het dat die saak van die hofrol geskrap word.
Hy het gesê die verdediging wag nog op 'n besluit van die nasionale direkteur van openbare vervolging om die saak te hersien. Voorstelle is maande gelede al gemaak, maar die landdros voel die saak moet verhoor word.
Die saak word op 15 Junie hervat.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter