Arnie se skelmpie wil TV-program dagvaar
2011-05-26 19:38
Los Angeles – Arnold Schwarzenegger se skelmpie, Mildred Pattty
Baena, dreig om Entertainment Tonight hof toe te sleep ná ‘n onderhoud met haar
eks-man, berig TMZ.com.
Sy voer aan dat die program hom “duisende”
betaal het om ‘n klomp leuens kwyt te raak.
Baena se eks, Rogelio, het op Entertainment Tonight die hele
situasie tussen haar en Arnie as “verraad” beskryf en gesê dat sy hom laat glo
het hy is die pa van hulle liefdeskind.
Baena se regspan het gereageer met ‘n brief
waarin hulle daarop aandring dat haar man altyd bewus was van die feit dat
Arnold Schwarzenegger die pa van haar kind is.
Die TV-program is nou in die moeilikheid omdat
hulle volgens die regspan nie hul huiswerk gedoen het nie.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.