Aretha Franklin hou vol sy's piekfyn
2011-01-14 08:51
Londen - Die 68-jarige sanger Aretha Franklin sê haar gesondheid is uitstekend, alhoewel gerugte die ronde doen dat sy met kanker worstel.
Die sanger het ook bekendgemaak sy beplan ‘n vakansie na ‘n asemrowende strand, maar sy kan nog nie reis nie.
“Ek moet vir twee weke nog rustig wees voordat ek kan uitgaan,” het sy gesê.
Dokters het aan Aretha gesê sy moet vir agt weke rus, maar dit het haar nie gekeer om te werk nie.
Aretha is besig om al haar toerdatums te herskeduleer, wat sy skielik moes kanselleer toe sy siek geword het.
- Vir meer inligting besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.