Aretha Franklin het kanker
2010-12-09 15:39
Los Angeles – Die 68-jarige legendariese Amerikaanse soul-sangeres Aretha Franklin is met kanker van die pankreas gediagnoseer.
Volgens haar familie doen die "Koningin van Soul” relatief goed, maar hulle is baie besorgd en vra vir aanhanger om haar in hul gebede te hou.
Franklin is veral bekend vir treffers soos "Respect," "Think," en "Chain of Fools."
Sy het ook tydens pres. Barack Obama se inhuldigingseremonie ‘n hartroerende weergawe van die Amerikaanse volkslied, "Let Freedom Ring," gesing.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA