Anoreksiese model se ma pleeg selfmoord
2011-01-20 21:00
Parys – Isabelle Caro, ‘n beroemde anoreksiese model wat openlik oor haar siekte gepraat het, se ma het selfmoord gepleeg, berig Huffington Post.
Isabelle is verlede jaar op die ouderdom van 28 oorlede.
Sy het in 2007 aan ‘n advertensieveldtog deelgeneem wat die grusaamheid van anoreksie uitgebeeld het.
Die fotograaf Olivier Toscani het die foto’s vir die No Anoreksia-veldtog geneem.
Isabelle was ook op Jessica Simpson se program, The Price of Beauty, waar sy openlik oor haar siekte gepraat het.
Christian Caro, Isabelle se pa, blameer die Bichat-hospitaal in Parys, waar sy dogter gesterf het, vir sy vrou se selfmoord sowel as sy dogter se dood.
“Sy (Isabelle) is dood omdat hulle die masjiene afgeskakel het...” het haar pa aan die media gesê.
“My vrou...sy’t skuldig gevoel oor die feit dat ons haar na die Bichat-hospitaal toe gestuur het.”
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.