Anne Hathaway lesbiese tannie op Glee
2011-01-17 21:30
Los Angeles – Anne Hathaway sal binnekort as gasspeler op Glee te sien wees.
Ryan Murphy, die program se skepper, het bevestig dat die 28-jarige die rol van ‘n lesbiese tante van Chris Colfer se karakter, Kurt, sal vertolk.
“Die fantastiese ding van Anne Hathaway is dat sy haar eie karakter geskep het en ons het bloot gesê ‘Rerig?’
“So, dis wat ons gaan doen.
“Ons is mal oor haar.”
Intussen het Amber Riley, wat Mercedes Jones speel, verklap dat twee Justin Bieber-liedjies deel gaan wees van een van die episodes.
“Daar gaan twee Bieber-liedjies wees.
“Ek dink Baby is een,” het sy gesê.
Daar is ook blykbaar weer ‘n Gaga-episode in die pyplyn.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.