Aniston lag oor alleenloper-status
2009-08-05 10:59
Los Angeles - Jennifer Aniston gee nie om om bekend te staan as die ‘alleenlopermeisie’ nie.
Aniston, wie se huwelik met Brad Pitt misluk het en verhoudinge met Vince Vaughn, Paul Sculfor en John Mayer nie uitgewerk het nie, dring daarop aan dat sy gelukkig is.
Sy sê sy verstaan nie hoekom haar persoonlike lewe en verhoudinge soveel negatiewe aandag trek nie.
“Ek gaan nie die pienk olifant in die leefkamer vermy nie, ek kan dit vat”, het sy aan die tydskrif Elle oor haar gebroke verhoudinge gesê.
"As ek gebrandmerk word as die alleenlopermeisie wat probeer om met haar lewe aan te gaan pla dit my nie. Ek kan vir myself lag en sal daaroor praat solank die wêreld daaroor praat”.
Die voormalige ster van die gewilde reeks Friends het ook gesê sy gebruik humor om deur hartseer tye te kom alhoewel sommige gebeurtenisse baie moeilik is om te verwerk.
- Bangshowbiz