Angelina verdedig Shiloh se styl
2010-07-13 12:22
New York - Dit was nog nooit maklik as 'n stylvoorloper om jouself oop te stel vir kritiek van die wêreld se modekenners nie.
Maar vir 'n vierjarige mag dit dalk baie moeiliker lyk, veral as jou ma Angelina Jolie is.
Jolie, wat tans haar nuwe fim, Salt, bemark het die afgelope naweek haar dogter, Shiloh, se stylkeuses verdedig.
Sy het dié styl "fasinerend" genoem en gesê sy sal nie enige van haar ses kinders dwing om iets te word wat hulle nie is nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters