Angelina maak haar hart oop
2010-06-29 15:08
Los Angeles - Angelina Jolie wil meer tyd met haar gesin deurbring en gaan dalk nie meer langer op die grootskerm te sien wees nie.
Dít is een van talle onthullings wat sy gemaak het in 'n onderhoud met die tydskrif Vanity Fair.
"Dit is nie die belangrikste ding in my lewe nie. Dit is pret. Dit is 'n
luuksheid, maar ek dink nie ek gaan dit veel langer doen nie," het sy oor haar loopbaan gesê.
In dié onderhoud praat sy oor elk van haar kinders, gerugte dat sy swanger is en dat sy dalk nie meer langer op die grootskerm te sien sal wees nie.
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter
Kyk hier na die volledige onderhoud.