Angelina besoek aardbewingslagoffers
2010-02-09 18:04
Santo Domingo - Angelina Jolie het Maandag jong aandbewingslagoffers van Haïti wat in dié land se buurland, Dominica, behandel word, gaan besoek.
Dié Oscar-bekroonde aktrise het kinders in die Dario Contreras-Hospitaal besoek. Jolie, wat ‘n ambassadeur vir die Verenigde Nasies (VN) is, is deur Gonzalo Vargas Llosa, hoof van die VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge (UNHCR) in Haïti en Dominica, vergesel.
Die aktrise en haar lewensmaat, Brad Pitt, het ‘n miljoen dollar (sowat R7.6 miljoen) aan die organisasie Doctors without Borders in Haïti geskenk om aardbewingslagoffers te help.
- Sapa