Angelina Jolie leer Frans
2011-12-21 21:35
Los Angeles – Die Oscar-berkoonde aktrise Angelina Jolie is besig om Frans aan te leer omdat al ses haar kinders dié taal vlot kan praat.
Maddox (10), Pax (8), Zahara (6), Shiloh (5) en die driejarige tweeling Knox en Vivienne, kan almal Frans praat en omdat Jolie wil byhou by haar kinders, gaan sy ook vir lesse.
"Ek is al my hele lewe lank besig om Frans te leer. En omdat my kinders dit kan praat stel dit my in die verleentheid omdat ek dit nie ook kan praat nie," het jolie gesê.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.