Angelina Jolie hof toe gesleep oor kopiereg

2011-12-06 11:02
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Angelina Jolie word gedagvaar deur 'n joernalis van Kroasië wat beweer die aktrise se film In the Land of Blood and Honey is op sy boek gebaseer. 

James Braddock beweer die Oscar-bekroonde aktrise se nuwe film, waarin sy haar debuut as regisseur maak, is op sy boek The Subject Work gebaseer.

Luidens hofdokumente beweer Braddock hy en die regisseur Edin Sarkic, wat nou saam met Jolie aan haar nuwe film werk, het mekaar verskeie kere in 2008 ontmoet om oor die moontlikheid te gesels om sy boek in 'n film te verwerk, berig X17.

Volgens Braddock het hulle oor die inhoud van sy boek gesels, wat ooreenkomste met die film In the Land of Blood and Honey toon en ook die liefdesverhaal tussen 'n vroulike gevangene en 'n soldaat van Serwië uitbeeld.

'n Regter moet nou bepaal of die ooreenkomste tussen die boek en die film wel die kopieregwet oortree.

Braddock het intussen versoek dat die rolprent se bekendstelling op 23 Desember uitgestel moet word en hy soek ook 'n onbekende bedrag geld vir skadevergoeding.

Dit is die jongste regsgeding vir Jolie nadat sy en haar lewensmaat, Brad Pitt, ook deur Ana Charlotiaux, hul voormalige sekretaresse, gedagvaar is omdat hulle haar na bewering onregmatig afgedank het.

Charlotiaux (45) het tot Februarie 2010 by die paartjie se woning in Miraval in die suide van Frankryk gewerk en hul telefoon en e-pos-navrae hanteer.

Haar prokureur, Emmanuel Ludot, het vroeër gesê sy kliënt vra net vergoeding vir haar onregmatige afdanking.

Bang Showbiz.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: brad pitt  |  angelina jolie  |  hof  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2004
R 139,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2006
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2006
R 199,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.