Angelina Jolie 'herinner' aan Clint Eastwood
2011-12-14 14:30
Los Angeles – Angelina Jolie se regiestyl herinner sterk aan die van Clint Eastwood, het Rade Šerbedžija, wie in Jolie se regisseursdebuut, In the Land of Blood and Honey, gespeel het, gesê.
Die akteur het ook in 2000 in ‘n Eastwood-film, Space Cowboys, gespeel en gesê hy kan beslis ooreenkomste tussen dié twee regisseurs sien.
“Sy is ‘n akteur se regisseur,” het Šerbedžija by die film se première in Hollywood gesê.
“Sy herinner my baie aan Clint Eastwood. Ek het dit vir haar gesê ook. Hulle is beide goeie akteurs en net goeie akteurs het die tipe ondervinding sodat hulle kan weet hoe om te help en hoe om met akteurs te werk.
“Hulle weet hoe om akteurs vryheid te gee en hoe dit belangrik is om dit te doen.”
– Lees die volledige berig hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.