Angelina Jolie besoek Libië
2011-10-11 21:55
Geneva – Angelina Jolie, ’n welwillendheidsambassadeur
vir die Verenigde Nasies se agentskap vir vlugtelinge (UNHCR), is in haar
persoonlike kapasiteit op besoek aan Libië.
‘n Woordvoerder vir die UNHCR, Adrian Edwards, het gesê dat die Amerikaanse
aktrise met hulplenigingsgroepe en ander UNHCR-verteenwoordigers sal vergader,
alhoewel sy nie op 'n amptelike besoek in die land is nie.
As ‘n welwillendheidsambassadeur vir die
UNHCR het dié aktrise die afgelope tien jaar verskeie lande besoek om die lot
van vlugtelinge onder die wêreld se aandag te bring.
Duisende Libiërs het gevlug tydens die
gewelddadige opstande in hul land, alhoewel baie reeds na hul huise teruggekeer
het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP