Andy Murray breek op met meisie van 4 jaar
2009-11-29 12:12
Londen – Brittanje se Andy Murray van Brittanje en sy meisie van vier en ‘n half jaar, Kim Sears, het uitgemaak.
Die Mail on Sunday het Sondag berig Sears (22) het uit die huis getrek waar hulle saam gewoon het en terug gekeer na haar ouerhuis.
‘n Vriend van Murray, die wêreld se vierde beste speler, het vir die koerant gesê: “Daar was nie ‘n reuse bakleiery of iets nie.”
“Kim het Andy se huis vriendskaplik verlaat. Hulle het nog kontak en bly goeie vriende.”
Sears het ‘n bekende gesig in tennis geword toe sy die 22-jarige Skot by sy wedstryde ondersteun het, maar was afwesig toe Murray onlangs in die ATP Wêreldtoer-finaal in Londen gespeel het.
- Sapa