Andy Dick aangekla van seksuele aanranding
2012-01-25 10:15
Morgantown – Twee Amerikaanse mans, wat beweer hulle is twee jaar gelede seksueel aangerand deur die komediant Andy Dick, het 'n saak teen hom aanhangig gemaak.
Die 26-jarige en 35-jarige mans is ook betrokke in ‘n hangende saak teen Dick, het hul prokureur Dinsdag gesê.
Dick word op 1 Mei verhoor vir twee aanklagte van seksuele aanranding.
Die komediant het verlede somer onskuldig gepleit op aanklagte dat hy ‘n uitsmyter tussen die bene gegryp en 'n klant tydens 'n optrede by 'n klub gesoen het.
Die beweerde voorvalle het op 23 Januarie 2010 by die Rum Runners-nagklub plaasgevind.
Die prokureur Mike Woelfel sê hy het die saak vroeër vandeesmaand aanhangig gemaak en eis ingevolge die verjarigswet ongespesifiseerde skadevergoeding. Volgens die verjaringswet moet 'n persoon binne drie jaar nadat die eis ontstaan het, 'n eis in dien.
Hy het aangevoer dat die aanklag en die kriminele saak selfverklarend is.
In hofdokumente word aangevoer dat die mans slagoffers van fisiese en seksuele aanranding was. Hulle eis vergoeding vir emosionele stres, buitensporige gedrag, aanranding en die skending van privaatheid.
Die Associated Press maak nie die identiteit van slagoffers van seksuele aanranding bekend nie.
Dick se prokureur, Marc Williams, het die beskuldigings verwerp.
“Dit bewys wat ons nog heeltyd weet,” het hy aan die Herald-Dispatch van Huntington gesê.
“Hierdie gaan net daaroor om geld uit ‘n bekende te kry.”
Dick was onder andere te sien in die films Dude, Where’s my Car? en Old School.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP