André Rieu kom na SA
2011-01-31 11:48
Kaapstad - Die bekende Nederlandse vioolspeler André Rieu, wat wêreldwyd bekend staan as 'die walskoning,' gaan weereens Suid-Afrikaanse gehore bekoor.
Rieu sal vanaf 11 tot 13 Maart 2011 by die Grand Arena, Grand West, optree, waarna hy vanaf 18 tot 20 Maart in Sun City te sien sal wees. Sy laaste vertoning sal op 23 Maart in Durban plaasvind.
Besprekings vir die vertoning is reeds oop en kaartjies kan by Computicket gekoop word.
- Volg Nuus24 op Twitter.