Amy Winehouse se trourok uit huis gesteel
2012-11-02 09:17
Londen – Twee rokke, insluitend die trourok van die ontslape sangeres Amy Winehouse, is glo uit die huis in Londen waar sy gewoon het, gesteel, het die Amy Winehouse-stigting gesê.
Die rok wat Winehouse in 2006 gedra het toe sy in Miami in die huwelik bevestig is met Blake Fielder-Civil en 'n skemerkelkierok, wat sy tydens 'n TV-onderhoud in Brittanje gedra het, het verdwyn.
Die trourok sou opgeveil word vir 'n liefdadigheidsorganisasie wat gestig is om jongmense te help om dwelmverslawing te oorkom.
Mitch Winehouse, die sangeres se pa, het aan die Evening Standard gesê "dit is siek dat iemand iets sal steel wat hulle weet sentimentele waarde het".
Winehouse, die Grammy-bekroonde "Back to Black"-sangeres, het op 23 Julie 2011 in die ouderdom van 27 weens alkoholvergiftiging gesterf.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP