Amor wil insae in Joost se geldsake hê

2011-05-29 08:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Joost van der Westhuizen beskuldig sy vervreemde vrou, Amor Vittone, daarvan dat sy baie meer belang stel in die stand van sy finansies as wat sy omgee oor sy gesondheid.

“En as sy net haar foon wil antwoord wanneer ek haar bel, sal ek alles verduidelik. Maar sy antwoord nie. Sy gee nie om nie.”

Sy woede en teleurstelling kom nadat Amor aan Huisgenoot gesê het sy glo nie die storie dat Joost ’n dodelike siekte het nie.

Amor is van dié mening omdat Joost se oggend- en aandpraatjies volgens haar nie ooreenstem nie.

Die ernstige en ongeneeslike spiertoestand motorneuronsiekte (MNS) is voorlopig by die oud-Bok gediagnoseer.

Oor die Huisgenoot-onderhoud het Amor aan Rapport gesê: “Ek het bloot vrae beantwoord wat aan my gevra is. Ek is verward.

“Wat moet ek glo? Het hy nou die siekte of nie? Wat beteken ‘voorlopig’? Ek wil net hê hy moet openlik wees.”

Amor sê sy word gekruisig (met verwysing na kommentaar op Huisgenoot se webwerf) – en dít net omdat sy bekommerd is.

“Ek wil nie in ’n moddergooiery met die pa van my kinders betrokke raak nie. Ek wens hom nie hierdie dodelike siekte toe nie. Maar hoekom eers media toe gaan?”

Joost sê egter hy was nog altyd eerlik met Amor. “Ek is in die Sunninghill-hospitaal opgeneem en twee ure later toe weet die media ek is daar. Iemand moes hulle vertel het.

“Ek het slegs met Rapport gepraat om spekulasie rondom my gesondheid stop te sit.”

Joost het verlede week eksklusief en die eerste keer met Rapport gepraat oor sy MNS-diagnose op 3 Mei. Hy was erg bekommerd oor sy twee kinders as hy iets moes oorkom.

“Dit maak my so hartseer om te sien hoe ons persoonlike sake in die media bespreek word,” sê Joost.

Dr. Jody Pearl, Joost se neuroloog, meen die oud-Bok-kaptein se MNS-vermoede is gebaseer op inligting wat aan hom gegee is.

“Hy probeer nie simpatie kry van enigiemand nie. Mý toetse sal oor drie weke voltooi wees.”

Amor sê sy het telefonies met Pearl gepraat en die dokter het gesê sy (Amor) moet self besluit of sy haar kinders in Joost se sorg wil laat.

Toe Rapport Pearl hieroor vra, het sy gesê gesprekke tussen haar en familielede van pasiënte is vertroulik.

Gavin Varejes, direkteur van South African Point of Purchase, het bevestig Joost is werksaam by hom.

“Ons hanteer handelsmerke vir ’n paar Vodacom-winkels. Joost is fenomenaal om mense te oortuig om ons besigheid te ondersteun, maar ons moes sy pligte verander weens die siekte.”

Joost is tans met siekteverlof.

***

Sy gesondheid is nie die enigste ding waaroor Joost van der Westhuizen bekommerd is nie. Die egskeidingsaak tussen hom en sy vervreemde vrou, Amor Vittone, gaan steeds voort.

En agter die skerms is hul prokureurs aan die toutrek oor hoe die egpaar se bates verdeel moet word.

Joost het Saterdag gesê: “Ek gaan nie my huwelik in die openbaar bespreek nie. Waarvan ek seker is, is dat ons albei skuldig is aan die verbrokkeling daarvan.” Hy wou nie uitwei oor waaraan Amor skuldig sou wees nie.

Robert Klinkenberg, Joost se prokureur, sê die wyse waarop Amor in die media praat oor hul persoonlike sake is onaanvaarbaar.

Joost sê Amor is al ses maande in besit van ’n skikkingsooreenkoms wat sy nie wil aanvaar nie.

Claudio Bollo, Amor se regsverteenwoordiger, sê: “Ons soek ordentlike finansiële state van Joost se uitgawes, inkomstes en bates. Sy vrou is geregtig op sulke inligting. Amor wil skei, maar hoe verdeel ’n mens bates as ons nie weet wat hy alles het nie?”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.