Amor vra Joost glo om te loop

2010-05-20 06:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die oud-Springbokkaptein Joost van der Westhuizen het glo uit sy en die sangeres Amor Vittone se huis in Dainfern Valley in Johannesburg getrek.

Hy het Donderdag reeds by ’n sakekennis, mnr. Garry Hartslief, ingetrek, het ’n bron wat sowel die Van der Westhuizens as vir Harts­lief ken gisteraand gesê.

Hy het op voorwaarde van anonimiteit gepraat “omdat ek nie verhoudinge wil versuur nie. Ek kan jou waarborg dat my inligting heeltemal korrek is”.

Nóg Van der Westhuizen nóg Hartslief het gisteraand by navraag die bewerings erken of ontken.

Van der Westhuizen het gesê: “Wat in my huis gebeur is my private sake. Ek gaan dus nie kommentaar lewer nie, soos ek verlede jaar al ná die video-debakel gesê het.”

Die video-debakel waarna hy verwys, is die sogenaamde Joost-seksvideo waarin hy en ’n ontkleedanseres half kaal is. Van der Westhuizen verskyn op die video, waar dit lyk of hy dwelms snuif.

Hy het die bewerings aanvanklik ontken, maar het dit later alles erken.

Hartslief, ’n sakeman wat veral in sportkringe bekend is, het gesê sowel Amor as Joost is vriende van hom en dat hy dus nie kommentaar wil lewer nie.

“Ek erken nie die inligting wat Die Burger het nie, maar ek ontken dit ook nie. Wat ek wel kan sê, is dat die feite soos dit nou aan my gestel is nie 100% korrek is nie. Ek is self onlangs deur ’n moeilike egskeiding en ek weet hoe gerugte kan loop.”

Volgens Die Burger se bron is die skeiding van tafel en bed tussen die egpaar op Amor se versoek, “omdat sy duidelikheid in haar gemoed wil hê oor die pad vorentoe vir haar en Joost. Niemand sê daar is besliste sprake van ’n egskeiding nie”.

Amor het nie gereageer op ’n versoek op haar selfoon om kommentaar nie.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
132 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.