Amor sê sy is steeds lief vir Joost

2010-08-25 07:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – In haar eerste TV-onderhoud vanaand ná die onlangse verbrokkeling van haar huwelik met Joost van der Westhuizen gaan Amor Vittone openlik praat oor sy ontrouheid, die seksvideo en die geheime wat die glanspaartjie se huwelik gekelder het.

Die twee is midde-in ’n smerige egskeidingsgeding gewikkel, maar vanaand sal kykers ’n ander Vit­tone sien wanneer sy reguit oor haar huweliksprobleme gesels – ’n sterker, reguit en baie meer selfversekerde vrou as toe die trane presies ’n jaar gelede met haar Kwêla-onderhoud op kyk­NET vlak gelê het.

Sy gesels vanaand om 20:00 in die kletsprogram No Reservations op SABC3 met Basetsana Kumalo en Michelle Garforth-Venter.

Die onderhoud is verlede week opgeneem met Loui Fish, eksvrou van die sokkerspeler Mark Fish, as nog ’n glansvrou wat oor sy ontrouheid gesels.

In ’n uittreksel van die onderhoud wat Die Burger gesien het, sê Vittone hulle is voor die onthulling van Van der Westhuizen se seksvideo “afgepers vir geld, want hulle het gesê ‘ons gaan julle kinders wegvat’. So, ons is afgepers vir twee en ’n half jaar. Dit was natuurlik weens die video en ek het niks daarvan geweet nie.

“Ek het by hom gestaan. Ek glo dat mense altyd tweede kanse verdien, want ons is nie perfek nie. Ek kan nie hier staan en sê ‘Ek is so fantasties en jy het dit en dat gedoen nie...’”

Vittone sê sy het grense gestel nadat hulle besluit het om weer aan hul huwelik te werk. “Oukei. Van nou af doen ons nie meer dit nie. En wanneer dit weer gebreek word...dan kom jy op ’n punt waar jy net sê: ‘Dis dit’.’’

Oor Van der Westhuizen sê sy: “Ek is steeds lief vir hom. Hy is die pa van my kinders en ons het goeie tye saam gehad.”

Intussen is Van der Westhuizen en Vittone se prokureurs druk besig om ’n skikkingsooreenkoms vir die finalisering van hul skeisaak te onderhandel, berig Gloria Edwards

- Volksblad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.