Amor die joos in oor bewerings dat sy mense opsweep

2011-07-12 09:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Publisiteit oor haar vervreemde man, Joost van der Westhuizen, het haar haar werk as omroeper by Jacaranda 94.2 gekos – maar sy het mense “nooit, ooit” aangemoedig om druk daaroor op die radiostasie te plaas nie.

So het Amor Vittone Maandag gesê oor bewerings op sosiale netwerke dat sy mense opsweep om druk op Jacaranda 94.2 te plaas om haar weer in diens te neem.

Die stasie het ’n maand gelede aangekondig Vittone se kontrak as gasaanbieder word nie ná 3 Julie hernu nie.

“Daarna het ek talle navrae op Twitter gekry van my aanhangers wat wou weet waarom ek weg is ... Ek het getwiet dat die bestuur van Jacaranda 94.2 inderdaad nie my kontrak wou hernu nie weens die negatiewe publisiteit rondom Joost. Dit is die reine waarheid. Wat anders moes ek sê? Moes ek lieg?

“Toe het iemand veral op Facebook die gerug versprei dat ek my aanhangers opsweep om druk op Jacaranda 94.2 te plaas om my terug te vat. Dit is belaglik en hoegenaamd nie die waarheid nie. Natuurlik was ek ’n bietjie sad toe Jacaranda nie my kontrak wou hernu nie, maar the show must go on. Ek het dit so aanvaar.”

Jenny Griesel, kommunikasiehoof van Jacaranda 94.2, het Maandagaand gesê die publisiteit rondom Van der Westhuizen het geen rol in die besluit gespeel nie. “Dit was bloot ’n besluit wat gegrond is op normale verandering van programskedules en aanbieders. In ieder geval kan ons die moontlikheid nie uitsluit dat Amor in die toekoms dalk weer gevra sal word om ’n program aan te bied nie, want sy is baie talentvol.”

Griesel het gesê sy weet van geen druk oor die kontrak wat op die stasie toegepas word nie.
 

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.