Amor: 'Joost het media voortydig vertel'

2011-05-27 09:56
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Sy moes vir haar kinders vertel hul pa is besig om dood te gaan – voor hulle dit dalk by maatjies by die skool hoor – want dit is wat Joost van der Westhuizen haar vertel het.

Maar ’n week later lees sy in die koerant die doodsvonnis wat sy toe aan die kinders oorgedra het, is dalk nie akkuraat nie...

Dít is die dilemma waarmee Amor Vittone in die dae ná die onthulling oor haar eksman se gesondheidskrisis gesit het. Dis ook die rede waarom sy besluit het om openlik met Huisgenoot te praat oor die dag toe sy moes hoor hy ly aan ’n dodelike motorneuronsiekte (MNS).

Al rede waarom sy haar swye verbreek, sê sy, is om ’n einde te maak aan al die vrae wat aan haar gestel word.

“Ek is in die donker en dit maak my mal. Ek moes vir Jordan (7) vertel sy pa gaan doodgaan, want ek was bang hy hoor dit by maatjies by die skool. Ek het vir hom en Kylie (5) vertel hoe die engeltjies  siek mense kom haal en hulle gaan vir pappa ook kom haal.

“Nou vra ek jou: As hulle nie so seker was oor die eerste diagnose nie, hoekom moes ek dit dan vir ons kinders vertel? En hoekom het Joost-hulle dit so voortydig vir die media vertel?” het Amor gesê.

Daardie eerste dag in die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg het die neuroloog dr. Pieter Kritzinger haar vertel hy het die bekendste MNS, amiotrofiese laterale sklerose (ALS), by Joost gediagnoseer. Joost het self vir haar gesê hy het net 18 maande tot vyf jaar oor om te leef.

Maar dr. Jody Pearl, ’n neuroloog wat Joost op die oomblik ondersoek, het later in ’n mediaverklaring gesê dit is nog geen uitgemaakte saak wat Joost makeer nie, en sekere toetse sal eers oor sowat vier weke wys wat die finale diagnose is.

Intussen is die mense naaste aan hom, wat die meeste deur sy diagnose geraak word, in die duister oor wat werklik aangaan.

- Lees meer by Huisgenoot.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
116 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.