Allen se hulde aan Parys, kuns reg vir Oujaar

2011-12-30 08:45
Tweets Share Share line Print

Owen Wilson en Rachel McAdams koester romantiese drome in Parys in die fliek Midnight in Paris.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As ’n mens nou ’n fliek wil kies om die ou jaar se uitgetrapte skoene mee uit te skop is dit Woody Allen se nostalgiese Midnight in Paris. Net Allen kon dié vrolike, aweregse en intelligente mengsel – oor ’n soort literêre tydreisiger wat die wonderskone stad Parys in drie tydvakke beleef – bedink het.

Gil (Owen Wilson), ’n kwalik vermomde alterego vir Allen, is ontgogel met sy werk as draaiboekskrywer vir die Hollywood-fliekfabriek. Hy karring die een ná die ander nikseggende, dog suksesvolle draaiboek uit.

Heimlik wil hy sy werk opgee en al sy tyd aan sy Groot Roman bestee. Hy troetel romantiese idees as arm skrywer in Parys.

Daarenteen koester sy verloofde, Inez (Rachel McAdams), die droom van ’n blinker lewe in spoghotelle en glanspartytjies met syns insiens erg vervelige, neus-in-die-lug-mense. Haar welgestelde, snobistiese ouers kuier saam in Parys en hulle probeer Gil in die hede en op, sal ’n mens maar sê, die winsgewende pad hou.

Dié karakters trek die neus op vir die muwwe oudheid van Parys en die nostalgie wat alles omgeef. Gil se nostalgie vir die verlede in die stad van drome is gepas: So baie groot Amerikaanse skrywers het daar gewoeker en inspirasie kom skink. En ons ontmoet hulle weldra groter as lewensgroot.

Toneel vir toneel adem ’n mens die kuns en kultuur in: Allen dra sy verliefdheid op die stad onbeskaamd en uitgelate op die mou. Die prent kan ook beskou word as sy hulde aan die kunstenaars en skrywers wat in die stad van lig aangedoen het.

Snags ontsnap of vlug die arme Gil na die strate en só beland hy in ’n ander Parys.

Allen hanteer die tydspronge in sy prent manjifiek. Met ’n keurige wisseling van tempo en musiek roep hy nuwe moontlikhede op. Parys in die jazz-era met opskop-, rokerige kafees waar Ernest Hemingway, Scott en Ella Fitzgerald uithang met Cole Porter agter die klawers. Onse Gil beland aan huis van Gertrude Stein. Die kunstenaar Salvador Dali is kostelik met sy dronk geteem oor ’n renoster. Met net die wip van ’n uitgekerfde wenkbrou dompel Adrien Brody jou in die surrealisme.

Dan flits Allen na die Belle Époque-era, die goue era van optimisme, waar die kunstenaars Gauguin en Lautrec hul verskyning aan tafel maak. Die gesprekke is prikkelend en humoristies, soos jy van Allen verwag.

Midnight in Paris het dalk nie die diepgang en makabare kinkels van ’n Match Point of die volgehoue ironiese betoog van Everyone Says I Love You nie – tog is ’n “mindere” Allen myns insiens altyd veel meer werd as sowat tien ander prente op die kringloop.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.