Alicia Keys se babatjie gebore
2010-10-16 14:35
Kaapstad – Alicia Keys, wat tydens die openingskonsert van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in die Orlando-stadion in Soweto die kollig gesteel het, het geboorte geskenk aan ‘n gesonde baba seuntjie.
Egypt Daoud Dean is Donderdag in New York gebore.
Dit is Alicia Keys (29) en Swizz “Kaseeem Dean” (31) se eerste kind.
Die paartjie is in Julie van dié jaar tydens ‘n privaatseremonie op die Franse eiland Corsica getroud.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA