Alice steeds koningin van die loket
2010-03-22 03:49
Los Angeles - Alice bly koningin van die loket.
Johnny Depp en Tim Burton se Alice in Wonderland het $34,5 miljoen by die loket ingepalm en bly vir die derde agtereenvolgende naweek aan die bopunt.
Die film het sy plaaslike inkomste na $265,7 miljoen verhoog ná net 17 dae in teaters.
Alice in Wonderland het stof in die oë van Diary of a Wimpy Kid geskop wat $21,8 miljoen by die loket ingepalm het.
Derde was Jennifer Aniston en Gerard Butler se aksie-komedie The Bounty Hunter met $21 miljoen.
Jude Law en Forest Whitaker se aksieriller Repo Men het 'n skamele $6,2 miljoen verdien.
– Sapa-AP