Alice se wonderland verkoop
2010-03-07 02:10
Los Angels - Johnny Depp en Tim Burton se Alice in Wonderland het $41 miljoen (R303 miljoen) tydens sy eerste openingsdag by die loket ingesamel.
Ná ‘n goeie begin Vrydag is dié Disney-rolprent goed op pad na ‘n $100 miljoen (R739 miljoen) openingsnaweek en sal dit ‘n rekord wees vir enige rolprente wat in die maand Maart geopen het.
Tot dusver hou die rolprent 300 dié rekord met $70.9 miljoen (R542 miljoen) tydens sy openingsnaweek in Maart 2007.
Burton, die regisseur van hierdie weergawe van Alice in Wonderland, het weer met Depp opgepaar om hul weergawe van Lewis Carroll se klassieke storie te vervaardig. Depp speel die rol van die karakter die Mad Hatter.
Ander sterre soos Burton se vrou Helena Bonham-Carter en Anne Hathaway, Crispin Glover asook Mia Wasikowska, wat die rol van Alice speel, is in dié film te siene.
- Sapa